PNA TAMBOTIE
Online Store
Attention: Price increase takes effect on 01 April 2023
Die Leer met Juffrou Lilla reeks bestaan uit:
NOVAE het gevind dat die vinnige pas in skole dikwels ’n negatiewe impak op die aanleer van hierdie vaardigheid het, en dat kinders dikwels angs ervaar oor hulle skryfvaardighede, wat dan al hulle skoolvakke negatief beïnvloed soos wat die hiperfokus op handskrif die fokus van die lesinhoud wegneem. Daarom het ons hierdie reeks boeke ontwikkel met die doel om kinders van vroegs af op ’n prettige manier te leer oor lettervorming, in boekies wat hulle ook toelaat om die letters te oefen en idees bied vir verdere sensoriese oefening van die letters.
In die Leer met Juffrou Lilla reeks leer kinders letters met drukskrif natrekwerk en rympie-klankopnames.
Met Juffrou Lilla kan jy weer en weer probeer!
Leer met ‘n rympie en ‘n aktiwiteit;
oefen in die boek en vee dit weer uit!
Leer met Juffrou Lilla is ‘n reeks van vier boeke met pragtige illustrasies wat gepaard gaan met rympies om vir kinders korrekte lettervorming te leer.
Dit bevat ook voorstelle vir sensoriese aktiwiteite en patrone wat geoefen kan word om spiergeheue te bou sodat kinders vinnig en maklik kan leer skryf – en oefeninge kan sommer oor en oor ín die boek gedoen word met witbordmerker.