Ons nooi jou saam op hierdie ontdekkingstog om lees saam met jou kind of leerders in jou klas te verken. Byna alles wat ons doen behels lees. Hoe meer gevorderd die samelewing raak, hoe belangriker word leesvaardighede. Daarom wil ons daarna streef om lesers te kweek en lees te onderrig. Ons poog daarin om ‘n liefde vir lees te bewerkstellig, selfs nog voordat die leerders kan lees.
NUUT BESKIKBAAR
A4 HANDSKRIFBOEK
R190.00 elk
Met Juffrou Lilla kan jy weer en weer probeer!
Leer met ‘n rympie en ‘n aktiwiteit;
oefen in die boek en vee dit weer uit!
Pippa en Pol is nou ook op die rakke by PnA! Besoek een van die volgende takke om te deel in die avonture:
Die A5 leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige A4 storieboek.