Pippa en Pol bly saam met hulle Pappa, Mamma en hul geliefkooste hond, Polka. Die gesin maak gereed vir ‘n familiefoto...
Pippa en Pol is baie lief vir die huis waarin hulle woon. Daar is ‘n ‘te koop’-bord voor die huis. Dit veroorsaak konsternasie...
Pippa en Pol se tuin is vol goggas. Daar woon ‘n liewenheersbesie in die tuin. Sy verloor al die kolle op haar lyfie. Maar hoekom?
Dit is nog vakansie en Pippa en Pol het ‘n maatjiedag op die strand. Daar is baie om op die strand te doen en te sien...
Pippa en Pol gaan vir die eerste keer skool toe. Die dag hou vir hulle baie pret in, maar Pol speel wegkruipertjie...
Pippa en Pol se skool hou ‘n spesiale sportdag. Hulle is opgewonde om deel te neem. Hulle wil graag eerste wees, maar dinge verloop bietjie skeef vir een van die twee.
Pippa en Pol verjaar. Hulle hou ‘n liewenheersbesiepartytjie. Daar wag hope pret op die maats wat na die partytjie toe kom en ‘n hele paar verrassings.
Pippa en Pol se huis word opgeknap. Dit is ‘n geboor, gekap en geskuur. Alles is deurmekaar en vol stof. Daar loop ‘n paar dinge skeef.
Pol word een oggend wakker met ‘n los tand in sy mond. Hy kan nie onthou dat hy sy mond iewers gestamp het nie. Pippa kom in sy kamer in om met hom te praat, maar skielik is Pol stom. Hier is iets snaaks aan die gang. Wat dink jy kan dit wees?
Pippa en Pol kuier op Oupa en Ouma se plaas. ‘n Paar dieremanewales sorg vir baie opwinding en benoude oomblikke.
The grade ones are having a superhero competition. Mommy has taken Pippa and Pol to the store to buy costumes for this big day. The heroes provide big fun and a few surprises.
Pol wakes up from the sound of the wind. Pol and Pippa both think that it’s a good day to go and play on the beach with their kites. They play and laugh in the wind...
Na Pippa en Pol se winderige dag, is Drakie weg. Pol is oortuig dat Drakie weggewaai het. Daar begin ‘n groot soektog na Drakie...
Pippa en Pol word een oggend wakker. Hulle voel nie baie lus vir skool nie. By die skool sien Juffrou iets op Pol se wang... Wat kan dit wees?
Dit is Mamma se verjaarsdag. Pippa en Pol wil haar verras met ontbyt in die bed. Dinge verloop nie soos wat
hulle beplan het nie...
Dit is langnaweek en Pippa en Pol se maats kom by hulle speel. Hulle speel dat hulle ‘n tandarts gaan besoek. Raai waar speel hulle en wie speel nog saam?
Die skool sluit en Pippa en Pol moet lawwe skooldrag aantrek. Wat dink jy sal hulle dra? Raai wie trek ook laf
aan?
Pippa en Pol gaan na die pretpark. Polka en Drakie mag nie saamgaan nie. Hulle wil nie alleen gaan nie. Die maats gaan ook saam. Daar is baie pret... totdat iets met Pol gebeur...
Die Koronavirus maak vir Pippa en Pol bewus van kieme, virusse en pandemies.
Dit is grendeltyd. Pippa en Pol se lewe is nie meer dieselfde nie... Hulle mag nêrens heen gaan nie.
Die skool sluit en Pippa en Pol moet lawwe skooldrag aantrek. Wat dink jy sal hulle dra? Raai wie trek ook laf
aan?
Pippa en Pol gaan na die pretpark. Polka en Drakie mag nie saamgaan nie. Hulle wil nie alleen gaan nie. Die maats gaan ook saam. Daar is baie pret... totdat iets met Pol gebeur...
Die Koronavirus maak vir Pippa en Pol bewus van kieme, virusse en pandemies.
Dit is grendeltyd. Pippa en Pol se lewe is nie meer dieselfde nie... Hulle mag nêrens heen gaan nie.