Ons nooi jou saam op hierdie ontdekkingstog om lees saam met jou kind of leerders in jou klas te verken. Byna alles wat ons doen behels lees. Hoe meer gevorderd die samelewing raak, hoe belangriker word leesvaardighede. Daarom wil ons daarna streef om lesers te kweek en lees te onderrig. Ons poog daarin om ‘n liefde vir lees te bewerkstellig, selfs nog voordat die leerders kan lees.
NUUT BESKIKBAAR
A4 HANDSKRIFBOEK
R190.00 elk
Met Juffrou Lilla kan jy weer en weer probeer!
Leer met ‘n rympie en ‘n aktiwiteit;
oefen in die boek en vee dit weer uit!
Pippa en Pol is nou ook op die rakke by PnA! Besoek een van die volgende takke om te deel in die avonture:
‘n Belangrike element in die kweek van ‘n liefde vir lees is dat lesers hulself in die karakters se skoene kan voorstel. Novae se emosiereeks bevat spesifiek 6 x stories waarin Pippa en Pol emosies beleef waarmee ons jong lesers hulle kan vereenselwig.